Rusland gereed met Hipersoniese missiele

Die Russiese President Vladimir Putin het in ’n TV onderhoud gesê sy land staan gereed met sy nuwe soort wapen wat nie deur sy vyandelike magte afgeskiet kan word nie.

Die opmerking kom nadat die verhouding tussen die VSA en Rusland aansienlik versleg het in die afgelope jaar en is waarskynlik op ’n laagtepunt sedert die Koue Oorlog beëindig is.

Die president het gesê nog meer suksesvolle toetse is uitgevoer met die hipersoniese missiele wat so vinnig beweeg dat daar geen manier is wat die missiele afgeskiet sal kan word nie.

Die Russiese president het gesê die suksesvolle toetse wat gedoen is, maak dit die uitstekende Nuwe Jaar geskenk aan die Russiese nasie.

Poetin sê die toetse het aan alle verwagtinge voldoen toe die missiel gelanseer is vanaf die Ural gebergtes om ’n teiken te tref wat 6,000 kilometer verder weg geplaas is.