Redes: Evkom se beurtkrag

‘n Anonieme ingenieur by Evkom het op sosiale media die probleme en vooruitskouing daarvan by die entiteit, aan mense blootgele.

  1. 50% van die steenkool kragstasies is buite werking en sal eers oor drie jaar weer operasioneel wees.
  2. Vier van die ses turbines by een kragstasie het “opgepak” weens swak graad steenkool (verskaf deur die Gupta’s).
  3. Weinig instandhouding is gedoen in die afgelope vier jaar.

Dit alles gesê, sal beurtkrag ons voorland wees in Januarie, en dat gaan die vrotsige ekonomie nog verder kniehalter en meer bankrotskappe veroorsaak.