Reddingsboot met immigrante bereik Spanje

Die Liefdadigheidsorganisasie Proactiva Open Arms was die enigste instansie wat gesorg het dat ’n vaartuig met onwettige immigrante aan boord ’n hawe kon binnegaan.

Onder die sowat 300 onwettige immigrante was verwagtende vroue, talle babas, en klein kinders wat gered moes word naby die kus van Libië.

Die Spaanse reddingsboot Open Arms het in ’n Spaanse hawe anker gegooi nadat die onwettige immigrante se poging om in Italieq aan wal te stap, misluk het.

Benewens die Italiaanse regering se beslistheid om nie die onwettige immigrante in sy land toe te laat nie, het Griekeland ook toegang geweier aan die boot, waarna dit na Spanje vertrek het.

Die Rooi Kruis in Spanje het kos en ander noodsaaklike lewensmiddele aan die onwettige immigrante voorsien voordat hulle deur die polisie ondersoek is.

Dit blyk dat Spanje die nuwe teiken word vir onwettige immigrante, maar kenners se die inname van die mense uit Afrika lei tot die aanwakkering van ’n nasionale gevoel in Spanje, soortgelyk as wat in Italië ondervind is een tot ’n nasionalistiese regering gelei het.