R7 miljard projek gestaak

‘n Groot gedeelte van die opgraderings projek van die Durban Hawe se behouerings terminaal is gestaak weens beweerde tender bedrog.

Daarbenewens is daar klaarblyklik ook skyn SEB en sameswering tussen Transnet werknemers en verskaffers.

‘n Onafhanklike forensiese ondersoek is tans onderweg in die maatskappye aan wie die tenders toegestaan is.

‘n Italiaanse maatskappy, CMC di Ravenna  en CMI Emateni is onder die vergrootglas. Philani Mavundla, die vorige burgemeester van Greytown, is mede-direkteur van CMI en die uitstaande skuld aan SAID van sowat R100 miljoen word ondersoek.

CMC is tans in Italië besig met ‘n insolvente aansoek in die Ravenna Hof.

Foto – Durban Hawe