President gewaarsku teen Mpumalanga tydbom

Die Oos-Transvaal is ’n tydbom wat enige oomblik kan ontplof in die gesig van die ANC, is die waarskuwing wat aan die president, Cyril Ramaphosa oorgedra is.

Die sogenaamde Umkhonto we Sizwe Raad in die provinsie waarsku glo dat bedrog en ander onwettige bedrywighede plaasvind in verskillende ANC takke.

Die Raad het ook in ’n media konferensie gesê die provinsie beleef tans geweldige onderlinge spanning wat rooiligte laat flikker vir die ANC as politieke party.

Bewerings word gemaak dat die huidige provinsiale uitvoerende komitee die prosesse manipuleer om hulle eie belange te bevorder.

Sprake van korrupsie is geopper maar dit is onduidelik na wie verwys word, en die MK-Raad wil ernstige waarskuwings rig waarvan Cyril Ramaphosa moet kennis neem.

MK Raad sê hulle wil nie iets soos die Vrystaat se Gupta plaas of ’n tweede Zimbabwe in Oos-Transvaal sien nie, en wil Ramaphosa voor Kersfees sien.