DA se dwaal politiek

Die DA leier, Mmusi Maiamne, sê dat die toekoms van SA lê in die vorm van koalisies, en erken daarmee dat die linkse party nie beheer kan oorneem in die 2019 verkiesing nie.

In dieselfde asem sê hy dat sulke koalisies of huwelike baie moeilik is aangesien jy met tsotsis in ‘n “verhouding” gaan.

Hy reken dat korrupsie so ‘n ooreenkoms sal kelder. Waarnemers is van mening dat waar ‘n kieser dus vir die DA stem, moet hy aanvaar dat die DA later met ander partye soos die EFF en selfs die ANC ooreenkomste sal aangaan ter wille van sleutel poste.

Beleid en beginsels sal dan nie meer so belangrik nie.