Polisiebeampte skiet mede-polisiebeampte

Die swart woonbuurt Thokoza se polisie het ’n skokkende ontdekking gedoen toe hulle ’n vlugtende dief in die been en lyf geskiet het en hom toe kon inhardloop.

Die “dief” kon toe nie veel verder vlug nie, en toe die polisie op hom af storm, kom hulle tot die ontdekking dat die dief toe ’n polisiebeampte is.

Die skelm polisiebeampte was glo besig om ’n paar mense van hulle selfone te besteel toe hy gewaar het dat die polisie op hom af storm.

Die groep mense wat beroof sou word, het ewe gedwee hulle selfone oorhandig nadat die skelm polisieman ’n pistool op hulle gerig gehou het.

Hy het met ’n voertuig gery met ’n blou lig op die dak, maar toe die polisie aankom, het hy te voet prober vlug, waarna die agtervolgende polisie hom gewond het.