Poetin waarsku teen kern-oorlog

In sy jaarlikse perskonferensie in Rusland, het die president, Vladimir Poetin, gewaarsku dat ’n kern-oorlog in 2019 wel ’n moontlikheid is.

Meningsvormers sê egter die president se jongste perskonferensie verskil nie van die vorige konferensies nie, en is soortgelyk aan ander kere waartydens hy “bangmaak” stories aan die media vertel.

Die president het egter daarin geslaag om die joernaliste se aandag te hou met inligting van ekonomiese groei, begrotings surplusse, verhoging in pensioene, maar ht ook erken dat die Russe se gemoedstoestand slegter is as wat dit vyf jaar gelede was.

Hy sê die konflik in die Oekraïne het geen uitwerking op Rusland gehad nie, en hy verwag ook nie dat enige verandering kan intree nie, behalwe as ’n kern-oorlog die wêreld tref.

Hy sê die grootste bron wat tot so ’n oorlog kan lei, is gesetel in die Oekraïne met die konflik wat daar voortduur.

Poetin het nie nagelaat om van die geleentheid gebruik te maak om skerp kritiek uit te spreek teen die Oekraïne en sy regerende president, Petro Poroshenko nie.

Foto – President Vladimir Poetin