Poetin se ID kaart in Duitsland

Die Russiese President, Vladimir Poetin, het ’n identiteitskaart wat deur die destydse Oos-Duitse owerheid uitgereik is.

Die Oos-Duitse owerheid van enkele dekades gelede, is uitgereik deur die staat se geheime polisie toe die deel van die land onder Russiese bestuur gestaan het.

Dit beteken glo nie dat Poetin in diens van die Oos-Duitse Geheime Polisie was nie, alhoewel dit blyk asof dit uitgereik is in die tyd toe hy vir di KGB gewerk het in die gebied van Dresden wat toe nog onder Rusland sorteer het na afloop van die Tweede Wêreldoorlog.

Oos-Duitsland is onder kommunistiese beheer geplaas na die oorlog, en Duitsland het eers sy grondgebied teruggekry met die Val van die Berlynse Muur.

’n Woordvoerder in Duitsland wys daarop dat Poetin maklik toegang kon kry na Duitsland indien die kaart nie opgespoor ’n uit die sisteem verwyder is nie.

Met die ID kaart kon Poetin heel moontlik na Duitsland reis en selfs rekrute oplei as spioene vir die Russiese Geheime Agentskap.