Persoonlike assistent kla Pule Mabe aan

Die 25-jarige assistent van die ANC woordvoerder, Pule Mabe, het ‘n interne klag van seksuele teistering teen hom gelê by die party se sekretaris-generaal Jessie Duarte.

Sy beskuldig Pule daarvan dat hy aangedring het op seks in ruil vir haar pos en na haar weiering het hy haar salaris verminder en haar emosioneel mishandel.

Mabe het op navraag gesê dat hy nie bewus is van die klag nie alhoewel die ANC bevestig het dat ‘n klag ontvang is en dat daar Woensdag 12 Desember 2018 ‘n verhoor sal plaasvind.

Hardnekkige gerugte doen die rondte dat talle soortgelyke gevalle deurlopend plaasvind, maar dat ondergeskiktes nie klagtes opper nie uit vrees dat hulle die werk kan verloor.