Paaie gesluit na krake in damwal

Die Benoni meer se damwal het krake ontwikkel wat gelei het tot die sluiting van Bunyan- en Tom Tones strate in Benoni.

Water word tans uit die dam gepomp om druk op die wal te verminder asook die vlak te verminder vir inspeksie en moontlike herstelwerk.

Dit gaan glo maande duur voor die herstelwerk aan die wal voltooi is, en die gevaar dat groot reën neerslae in die opvangbied die wal kan laat meegee, is nie uitgesluit nie.

Die wal het glo meer as n jaar gelede swakplekke gehad, maar niks is gedoen om dit te herstel nie.