Oud Nissan hoof weer gearresteer

Die Japanese aanklaers het nuwe klagtes vir vervolging ingestel teen Carlos Ghosn, die voormalige hoof van die Nissan Motorvervaardiger.

Die hernude beskuldigings teen die voormalige voorsitter van die vervaardiger volg nadat die hof in Japan die versoek geweier het om ’n vorige hofbeslissing te wysig oor die onverklaarde deel van sy inkomste.

Met die nuwe beskuldigings wat teen Carlos Ghosn ingebring word, is beweer dat hy deel is van die verlies wat Nissan gelei het ten bedrae van meer as $16 miljoen.

Die nuwe klag bring mee dat hy nog vir twee weke in aanhouding kan bly in die tronkselle van Tokyo.

Die wêreldleiers van die motor vervaardigingsbedryf was erg geskok by aanhoor van die oortredinge waarvoor hy gevange geneem is aangesien hy algemeen beskou was ’n ’n sterk leier in die bedryf.

Foto – Carlos Ghosn