Onwettige myne vernietig Amasone woude

In die Amasone woud van Suid-Amerika is minstens 2,300 onwettige myne wat ’n ernstige bedreiging inhou vir die reënwoude se voortbestaan.

Die skrikwekkende inligting is tydens ’n intensiewe ondersoek bevind deur gesaghebbende organisasies wat die afgelope maande navorsing gedoen het.

Die onwettige mynbou aktiwiteite is blykbaar ’n hardnekkige probleem en owerhede slaag nie daarin om die bedryf t stop nie.

Die myners is besig met grootskaalse ontbossing en besoedeling van die riviere, wat meehelp om aardverwarming aan te bevorder.

Die ses lande wat elk ’n deel van die Amasone het, is nou besig om ’n gesamentlike projek aan te pak en het reeds ’n databank opgebou wat onwettige myners se besonderhede bevat.

Die kaart wat ook del van die databank uitmaak, bevat besonderhede van 2,313 mynbou bedrywe en sowat 245 groot ontginnings gebiede wat die besoedeling van 30 riviere besoedel.

Foto – Deel van die Amasone gebied