Nuwe planne van minister sal misluk

Met die Suid-Afrikaanse ekonomie wat nie eers in staat is om onder die huidige bedeling met 1% te groei nie, sal die Minister van Finansies se nuwe planne ook misluk.

Tito Mboweni, die Minister van Finansies, het ’n reuse byeenkoms van sogenaamde kundiges belê om met nuwe planne na vore te kom om die agteruitgang van die land om te keer.

Die byeenkoms wat in die Reserwe Bank se Konferensie Sentrum aangebied is, het begin met Mboweni se verduideliking is daarop gemik om deskundiges te versoek om nuwe modelle voor te stel wat die ekonomie ’n hupstoot sal gee.

Hy sê die ANC kabinet het dikwels besprekings gehad oor die onderwerp, maar waarnemers sê dit is duidelik dat die ANC hopeloos te onkundig is om enige kragdadige stappe te neem om die ekonomie te stimuleer.

Selfs verteenwoordigers van die Wêreld Bank is teenwoordig, waarvan een gesq het nuwe planne kan net aanbeveel word deur diegene wat daarin slaag om die foute te identifiseer.

Finansiële deskundiges sê die ekonomiese toestand sal nie verbeter terwyl die ANC met sy gedrogte van swart bevoordeling, grondgryp diefstal, en swak bestuur tesame met grootskaalse korrupsie van al die Departemente asook entiteite soos Eskom en die SABC bly voortduur.

Kenners wys daarop dat die ANC tientalle berade gehou het om hulle probleme te bespreek en planne te maak, maar te midde daarvan gaan die land op elke denkbare terrein verder agteruit.