Nuusflitse

Afrika moet bevry word van geweld

Die Anglikaanse aartsbiskop, Thabo Makgoba, het die vlak van geweld veroordeel en gesê dat SA nie vorentoe sal beweeg solank die Afrikaan se instink om probleme deur geweld op te los nie beëindig word nie.

Damme se watervlakke daal skep

Die watervlak van die opgaardamme het die afgelope twee weke skerp gedaal weens die wye hittegolf oor ’n groot gebied in die land, wat die gemiddelde stand laat daal het na 75%.

Geboorte

Meer as 1,000 babas is op Kersdag in Suid-Afrikaanse hospitale gebore, wat as ’n nuwe rekord bestempel word.

Hermanus veldbrand

’n Veldbrand wat deur sterk wind aangedryf word, bedreig plase se woonhuise en kan ook die dorp se inwoners bedreig as dit nie betyds gekeer word nie.