Nuusflitse

ANC moraliteit

Beide Jacob Zuma en Malusi Gigaba is deur takke genomineer vir parlementslede in 2019. ‘n Politieke ontleder sê dit sal “slegte nuus” wees vir die ANC as Zuma terugkeer parlement toe. Zuma sal egter sy presidensiele voordele verloor indien hy wel terugkeer na die parlement.

Hostel in Tzaneen afgebrand

‘n Kers wat sonder toesig gelaat is was waarskynlik verantwoordelik vir ‘n brand wat die Talana hostel afgebrand het. Drie persone is in die brand gedood. Die burgemeester van Mopani spekuleer dat ‘n “persoon” klaarblyklik vergeet het om die kers “af te skakel”

Stutterheim is in chaos

Die onlus-geplaagde dorp Stutterheim in die Oos-Kaap word verder benadeel deurdat vakansiegangers die dorp vermy of  slegs deur ry sonder om te stop aangesien die dorp met rommel bestrooi is.  Die plaaslike regering het in duie gestort en besighede staar bankrotskap in die oë met gepaardgaande werksverliese. Die dorp is feitlik onder beleg en polisie patrolleer die dorp 24 uur om stropings te voorkom.

Richard Baai spoorlyn gesaboteer

Die Richard Baai steenkool spoorlyn is gesaboteer deur persone wat die spoorstawe met ‘n blaasvlam af gesny het. Dit het daartoe gelei dat ‘n trein met 51 steenkool waens ontspoor het.  Die lyn is gesluit terwyl nood personeel besig is om die toneel op te ruim en die spoorlyn te herstel.

Durban vullis verwyderaars staak

Die Durbanse Stadsraad het stakende vullis werkers voor ‘n ultimatum gestel om terug te keer werk toe of om afdanking in die gesig te staar.  Werkers het soos gewoonlik die strate bemors deur vullis houers in die strate om te keer.