Nuusflitse

Johannesburg regter en advokate onder beleg

Gewapende kriminele slaan kort-kort toe op advokate en regters van die Johannesburgse Hooggeregshof.  In die afgelope twee weke is drie advokate aangeval nadat hul die hofgebou verlaat het.

Dwelms gekonfiskeer

Doena beamptes het in twee afsonderlike voorvalle chemikalië gekonfiskeer ter waarde van R90 miljoen wat gebruik word vir die vervaardiging van Madrax tablette asook meer as  241,000 seksuele aanwakkerings tablette . Beide is op die Tambo lughawe gekonfiskeer.

Herskryf van geskiedenis

Die vermoede bestaan dat CVO-skole m toeloop van nuwe leerlinge kan verwag wanneer die nuwe, herskryfde geskiedenis vir leerlinge van graad 4 tot 12 ingebring word by openbare skole.