Nuusflitse

SAL en Emirates in vennootskap

SAL het aangekondig dat hul ‘n vennootskap ooreenkoms gesluit het met Emirates Lugredery. Besonderhede van die ooreenkoms is nie bekend nie. Is dit die begin van ‘n oorname deur Emirates van SAL?

Stinkryk president gevra vir donasie

‘n Groep genaamd “RET defenders”  is besig om geld in te samel om Zuma se regskostes te betaal. Die sekretaris van die nasionale begrafnis ondernemers het ‘n beroep op Ramaphosa gemaak om R30 miljoen te skenk want hy is “filthy rich” en sal die bedrag nie voel nie.  “Filthy” as dit vertaal word beteken “vuil”.

Wegholbrand in St. Francis baai

‘n Wegholbrand is St. Francisbaai het ten minste 21 huise afgebrand.  Die oorsaak van die brand is onbekend. In 2012 is 70 huise van die kusdorpie vernietig deur ‘n brand.