Nuusflitse

SAL soek nog geld

Die hoof van SAL, Vuyani Jarana, sê dat die R5 miljard wat die regering gegee het, wel gehelp het, maar dit is nie genoeg nie en hy is bekommerd oor die tyd skedule wat die entiteit het om te herstel.  Lugvaart kenners stem egter nie saam nie en sê dat SAL nog steeds verantwoordelik sal wees vir ‘n “massiewe” dreinering van staatsgeld.

Standbeeld ‘n aanstoot

Die standbeeld van pres Paul Kruger op kerkplein is alweer in die nuus.  Volgens die “mense” van die land is standbeelde van die verlede ‘n herinnering aan die “harde” verlede.

Twee-gesig ANC

Skielik veroordeel die ANC in die Wes-Kaap plaasaanvalle.  Faiez Jacobs, ANC sekretaris, sê dat elke plaasaanval ‘n aanval op die land, swart en wit is.  Nou moet almal saamstaan om die aanvallers te verslaan.  Intussen swyg sy president, die EFF en BLF oor aanvalle.  Wie probeer Jacobs paai?