Nogmaals krag probleme

Eenhede by al twaalf van Evkom se oudste kragstasies het ophou funksioneer wat meer as 17,000 MW se verlies beteken het.

Dit is selfs meer as die 15,000 MW in 2015 toe beurtkrag ingestel is en vir maande geduur het.

Medupi en Kusile  se ontwerp probleme alleen gaan R345 miljard kos om te herstel, en Eskom beskik nie oor die vermoë om dit te betaal nie.

Evkom het intussen bereken dat die probleme eers teen 2021 uitgesorteer sal wees, maar kenners reken die kragvoorsiener se benarde finansiële posisie gaan die swak en ongereelde kraglewering nog lank laat duur.