Nog ‘n aanval in die Wes-Kaap

Na die moord op ‘n egpaar in die Wes-Kaap verlede week  het nog ‘n aanval in Philippi plaasgevind. ‘n Plaaseienaar, sy seun en werkers is beroof deur tien aanvallers.  Een plaaswerker is gedood in die aanval en die plaaslike plaaswag lede het twee verdagtes gearresteer.  Die polisie is op soek na die ander agt verdagtes.

Die polisie het intussen ‘n verdagte gearresteer wat verbind word met die moord op ‘n 64-jarige boer en sy 71-jarige vrou naby Bonnievale.  Beide is doodgekap.