Nog miljoene Facebook skendings

Die onbetroubaarheid van Facebook is weereens bewys to die sosiale media erken het dat hy miljoene gebruikers se privaatheid geskend het .

Sowat 6,8 miljoen gebruikers se privaatheid is al weer geskend toe die persoonlike gegewens soos foto’s onverwags in die “oopte” gekom het weens die onbetroubaarheid van die stelsel.

Die miljoene foto’s is glo in die hand van sogenaamde app-ontwikkelaars

Gebruikers word getroos dat hulle kan sien of hulle gegewens deel uitmaak van die miljoene mense se besonderhede wat gelek is.

Kenners meen die gebruikers se foto’s word moontlik deur sogenaamde ontwikkelaars aangewend om vir hulle eie finansiële voordeel.

Die Vryburger beveel by sy lesers aan om geensins enige foto’s of belangrike inligting van persoonlike aard op die sosiale netwerk te plaas nie aangesien die moontlikheid van vreemdes se toeganklikheid nie uitgesluit is nie.

Vroeër het sowat 80 miljoen Facebook gebruikers se inligting in die oopte gekom wat tot ernstige internasionale gevolge gelei het.