Nkandla word dalk verkoop

In ’n ondersoek wat dur onafhanklike finansiële deskundiges gedoen is, blyk dit dat Jacob Zuma ook sy welbekende Nkandla kan verloor.

Die Hooggeregshof in Pretoria het Donderdag bevind dat Zuma sy eie regskoste moet betaal, en die opposisieparty in die parlement het gehamer op sowat R16 miljoen wat hy moet betaal, en wat deur die hof gelas is.

Die eis van die EFF wat op R32 miljoen bereken is, het nie geloofwaardig genoeg geklink nie en is nie aanvaar nie.

Deskundiges wys daarop dat Jacob Zuma ernstige finansiële probleme gaan ondervind as hy sou besluit om te appelleer teen Donderdag se uitspraak en die Appèlhof die uitspraak sou handhaaf.

Dit blyk dat Zuma nie oor veel geld beskik nie, behalwe as dit in die buiteland versteek is, anders kan Nkandla verkoop word om die skuld af te los.