Niemand sal vir Sjina voorskryf

Die Sjinese president, Xi Jinping het tydens die veertigste herdenking van Sjina se ekonomiese hervorming gesê niemand gaan vir Sjina op ekonomies terrein voorskryf nie.

Met die opmerking het die kommunistiese president dit duidelik gemaak dat hy geen bevele van enige ander land sal gehoorsaam of uitvoer nie.

Hy het ’n emosionele toespraak gelewer in die Groot Saal van die Mense die afgelope Dinsdag wat algemeen beskou is as ’n aanduiding dat hy nie van plan is om te kniel voor die handelsoorlog wat dur die VSA begin is nie.

Politieke ontleders sê die Sjinese president is egter onder geweldige druk om ’n ooreenkoms te bereik met Amerika aangesien die VSA besig is om die Sjinese ekonomie ’n harde slag toe te dien.

Die president se voorneme om verdere ekonomiese hervormings in te stel, word bevraagteken aangesien hy die moontlikheid geopper het sonder om verdere inligting te verstrek.

Foto – Xi Jinping