Musk vra dat lastersaak geskrap word

Die eienaar van Tesla Motorvervaardiger, Elon Musk, het die regter in Los Angeles versoek om die lastersaak van die Brit,  Vernon Unsworth, teen Musk te skrap.

In ’n woordestryd met die Brit, het Musk hom uitgeskel as ’n pedofiel, waarna die man ’n hofsaak teen die miljardêr ingestel het.

Musk se regsverteenwoordigers meen die opmerking is deur almal wat daarvan kennis geneem het, beskou as ’n deel van die bekgeveg, en nie bedoel as ’n werklike situasie nie.

Musk en die Brit se geveg het begin toe die Brit bemoeienis gemaak het met die redding van skoolkinders wat vasgevang was in ’n grot in Taiwan.

Dit is nie bekend of die regter aan Musk se versoek sal voldoen nie, en die Brit sal beslis nie die saak terugtrek nie, word gesê.