Motor rubriek – Hyundai Kona 2,0 Executive AT

Die Koreaanse motor vervaardiger, Hyundai het ‘n bykomende sport nuts voertuig in SA bekendgestel. Dit staan bekend as die Kona en ‘n 2 liter kragbron is gepas.

Die Kona en die Creta is baie nou verwant aan mekaar. Die verskil is egter dat ‘n 1,6 liter petrol of diesel kragbron in die Creta gepas is terwyl in die Kona doen ‘n 2 liter kragbron diens.

Wanneer die buitekant van die Kona onder oë geneem word is die eerste wat opgemerk word die smal voor en agterligte wat dwars gemonteer is. Die voorste ligte is net onder die enjin kap gemonteer en die agterligte net onder die agterste bak deksel se glas gedeelte. ‘n Verdere interessante waarneming is die kolligte aan die voorkant wat nie op die hoeke gemonteer is nie maar meer na die middelste gedeelte van die neus. Bokant die sierrooster is daar ‘n luginlaat wat daarvoor sorg dat die afwerking volledig is. Verder af is die LED hoofligte gemonteer wat deel vorm van die wielboog beskerming en dit sorg dat die voor afwerking ‘n eenheid vorm.

17 duim, allooi wielnawe rond die buite prentjie heeltemal af. Vir die veerstelsel word daar aan die voorkant gebruik gemaak van MacPherson stelsel en aan die agterkant word wring stawe aangewend om die werk te verrig. Op die pad is die padgedrag van hoogstaande gehalte en is dit werklik ‘n “plesier” om die Kona op die pad te gebruik.

Volgens ingeligte bronne is die werking van die kragbron van goeie gehalte. Soveel so dat 110 kW krag beskikbaar is en die wringkrag is 180 Nm. Gekoppel aan die 2 liter, vier silinder petrol enjin is ‘n ses spoed outomatiese ratkas en dit sorg vir die krag oordrag na die voorwiele. Volgens ingeligte bronne is dit instaat tot ‘n topsnelheid van 194 km/u en is die CO2 lesing 166g/km.

In die binne afwerking is daar voorsiening gemaak vir meer toerusting as vir die Creta en van die toerusting wat beskikbaar is sluit in snelheidsbeheer funksie, lug uitlate is deur die voertuig gemonteer, die sitplekke en lug uitlate het ‘n geel randjie om om die afronding te doen, ‘n 7 duim aanraakskerm is in die middel van die instrumentpaneel gemonteer en op die drie speek stuurwiel is daar verskeie beheer skakelaars aangebring om van die toerusting in gebruik te stel. Die instrumente is reg voor die bestuurder gemonteer en maklik leesbaar deur die boonste deel van die stuurwiel. Die stuurwiel is hoogte verstelbaar en die sitplek van die bestuurder het ook verskeie posisies sodat die bestuurder met die nodige gemak die voertuig kan beheer. Die handrem is aan die linkerkant van die bestuurder gemonteer en die rat hefboom pas gemaklik in die handpalm van die linkerhand. Tussen die voorste sitplekke is bêre plek vir snuisterye in die middel konsole en dit kom nogal handig te pas as ‘n mens byvoorbeeld laserskywe wil stoor. Volgens die vervaardiger kan die bagasie ruim 361 liter bagasie neem en vir die agterste passasiers is daar genoeg beenruimte om ‘n gemaklike sitposisie te kan inneem.

Omdat daar in hierdie klas sterk kompetisie is, het Hyundai seker gemaak dat die motor aan al die vereistes voldoen en kan u dit gerus op u inkopielys plaas wanneer u vir moeder ‘n motor moet aanskaf om byvoorbeeld die kinders mee te vervoer.