Moskee in Duitsland finansier terroriste

Veiligheidsbeamptes in Duitsland het verskeie geboue in die hoofstad Berlyn deursoek as deel van ’n reuse soektog na moontlike terroriste en hulle bedrywighede.

Een van die geboue, ’n Moslem moskee, is deursoek nadat inligting ontvang is dat die moskee finansiële steun bied aan terreurgroepe.

Die polisie se kriminele afdeling, saam met die intelligensie offisiere en ’n spesiale polisie taakmag het aan die veldtog deelgeneem.

Die sogenaamde As-Sahaba moskee was van die belangrikste teikens wat deur die polisie deursoek is.

Een van die Moslems is ’n 45-jarige man wat glo geld beskikbaar stel aan Islamitiese vegters in Sirië, maar die polisie wou nie verdere besonderhede vrystel nie aangesien meer persone as verdagtes opgespoor moet word.