Merkel se opvolger aangewys

Annegret Kramp-Karrenbauer is verkies tot die amp as partyleier van die Christen Demokrate Unie (CDU) tydens die party se kongres die afgelope naweek.

Sy volg Kanselier Angela Merkel op wat aangekondig ht dat sy na agtien jaar as partyleier, die tuig neerlê.

Annegret Kramp-Karrenbauer het lank met die kanselier saamgewerk binne die CDU en is ’n groot aanhanger en getroue ondersteuner van Merkel.

Merkel het na afloop van haar emosionele tien minute afskeidstoespraak ’n lang applous ontvang van die honderde kongresgangers.

Annegret Kramp-Karrenbauer is ook een van Merkel se grootste ondersteuners, en die kanselier het haar hoop gevestig op die verkiesing van haar 56 jarige vertroueling.

Foto – Annegret Kramp-Karrenbauer