Mbalula sê alles is terugbetaal

Die ANC se verkiesings hoof, Fikile Mbalula, het sy regsverteenwoordigers genader en gaan die Openbare Beskermer in die hof uitdaag oor haar bewerings.

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (OB) het bevind dat Mbalula tydens sy termyn as minister van Sport, die Eutiese Wette oortree het sowel as die grondwet.

Sy het bevind dat hy Sascoc genader het om te help betaal vir ’n luukse vakansie oorsee gedurende 2016.

Fikile Mbalula sê egter hy het die R700,000 alles terugbetaal wat hy gekry het vir die familie se luukse vakansie in Dubai. Hy het glo ’n “persoonlike lening” aangegaan by vriende van hom en het die bedrag aan Sedgars Sports met rente terugbetaal.

Mbalula sê hy het niks verkeerd gedoen nie en die OB, Busisiwe Mkhwebane se bevinding is sonder enige substansie en daarom sal hulle waarskynlik die saak in die hof moet beslis.

Foto –  Die OB – Busisiwe Mkhwebane