Mattis tree uit as VSA ministe

Die Amerikaanse Minister van Verdediging, Jim Mattis, gaan aan die einde van Februarie 2019 die tuig neerlê.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die aankondiging die afgelope naweek gemaak.

Klaarblyklik het die minister in sy bedankingsbrief kritiek gelewer op die beleid van president Trump, wat die vermoed laat dat die twee ernstig verskil het oor die VSA se teenwoordigheid in Sirië en Afghanistan.

Mattis het ook laat deurskemer in sy brief dat hy nie tevrede is met die wyse waarop die president omgaan met vennote van Amerika nie.

Ingeligt bronne wys daarop dat die president reeds 23 van sy aangestelde mense verloor het, waarvan slegs enkele persone se uittrede sonder kritiek teen die president was.

Foto – Minister Jim Mattis