Malema skenk ’n trekker

“Ek wil nie sien dat julle kinders vir ’n witman werk nie, en ons wil ook nie dat julle moet sê ’n witman is julle medisyne nie”, is die woorde van Malema aan die gemeenskap van Seshego.

Hy het met die woorde ’n trekker aan die gemeenskap geskenk sodat hulle nie afhanklik is van ’n witman nie, en daarmee gepoog om die mense in staat te stel om hulle eie landbou te ontwikkel./

“Met die trekker word dit moontlik om die land te bewerk”, het hy gesê tydens die feestelikheid op die Kgobokanang Sportgrond.

Die radikale leier het glo gesê die byeenkoms is daarop gemik om jonger swartmense te leer om vir hulleself te sorg en nie hulle rug op die ouer mense te draai as hulle eendag sukses behaal het nie.