Lid van Ramaphosa taakspan bedank

Brian Dames, die Hoof Uitvoerende Beampte van Patrice Motsepe’s African Rainbow Energy and Power het uit die aanstelling as deel van Ramaphosa se taakspan oor Eskom, sy bedanking ingedien nadat die EFF beswaar gemaak het oor sy aanstelling.

In ’n media vrystelling het Cyril Ramaphosa glo die versoek van Dames aanvaar aangesien hy daarvan beskuldig is deur die EFF dat hy betrokke is terwyl dit botsende belange inhou aangesien daar glo familie betrokke is.

Waarnemers beskou die optrede van die EFF ietwat vreemd, maar word ook beskou as ’n sielkundige oorwinning vir die kommunisties gesinde party.

Die Ramaphosa taakspan het tyd tot einde Januarie 2019 om met aanbevelings te kom oor hoe Eskom weer op koers gesit kan word om sy miljarde Rand se verliese te herwin en ’n behoorlike diens te verskaf aan gebruiker.

Foto – Brian Dames