Lang ruimtereis na Bernu voltooi

Die ruimte robot Osiris-Rex het veilig op die asteroïede, Bernu aangekom na ’n reis van twee jaar deur die ruimte.

Nou is die hoop gevestig op die vermoë van die robot om dele van die ruimte liggaam te versamel en terug te bring na Nasa.

Osiris-Rex sal egter eers in die jaar 2023 terug wees op die aarde as alles volgens plan verloop.

Die asteroïede is van die oudstes wat dur Nasa ontdek is, en kan moontlik nuwe lig werp op die geheime van die ruimtes en veral oor die sonnestelsel.

Die robot het sy reis en landing suksesvol afgehandel, en het na sy toer van twee jaar deur die ruimte, hom tuis gemaak op die diamant vormige liggaam van rots.

Die landing van die Nasa robot kom ’n week nadat die ruimtetuig InSight op Mars ’n suksesvolle landing gemaak het.