Kuberkrakers kos SA miljoene

Aanlyn inkopies is wel gerieflik, veral gedurende die Kerstyd wanneer die winkels oorstroom word van mense en die skurke boonop ook hulle deel wil steel , hetsy in die winkel, of by diegene wat inkopies doen.

Die nadeel is egter dat kuberkrakers en internet skurke nie nalaat om op hierdie terrein tee opereer met die doel om iemand skade te berokken tot hulle eie voordeel nie.

Suid-Afrika word nie verniet as een van die wêreld se beste plekke gesien vir internet bedrog deur die krakers nie.

Jaarliks word sowat 450 tot 550 miljoen kuber aanvalle wêreldwyd uitgevoer, waarvan ’n aansienlike deel ook in Suid-Afrika plaasvind.

Suid-Afrika het die derde hoogste aantal voorvalle gehad die afgelope jaar, en daarom moet lesers eerder konsentreer op aanlyn inkopies wat reeds ’n goeie reputasie van betroubaarheid opgebou het.

Alhoewel prys ook belangrik is, word algemeen aanvaar dat betroubare diens van flink aflewering, vriendelike diens en deurlopende beskikbaarheid van gehalte produkte veel belangriker is.

Na raming het die land vanjaar sowat R2,2 miljard verloor weens die kuberkrakers se skelmstreke, en behoort mense nie enige advertensie op die internet, of in die e-posse wat ontvang word, te reageer nie.

Dit is veral bankdienste wat as lokmiddel gebruik word, terwyl bankkaart bedrog saam met die kuberkraker se aanslae van Suid-Afrika ’n heerlike misdaad paradys maak.

Die Vryburger doen aan die hand dat lesers die volgende wenke ter harte neem gedurende die Desember feestyd:

Moenie jou krediet of debiet kaart oorhandig aan enige persoon nie, en maak baie seker dat jou oog ni wyk van waar jou kaart is wnneer jy betaal nie.

Moenie op enige nuwe skakels klik en oopmaak nie – dit is die eerste stap tot jou eie skade.

Moenie reageer op enige vreemde e-pos wat jy ontvang nie – skrap dit onmiddellik.

Wees versigting en reageer nie op e-posse wat jou bereik en meld dat jy geld of goedere gewen het, en dat jou bankbesonderhede verstrek moet word sodat dit inbetaal kan word.

Skrap (delete) alle vreemde e-pos wat ontvang word.

Bly weg van Sosiale netwerke gedurende die feestyd, en moet onder geen omstandighede foto’s van jou of jou kinders of ander geliefdes op die bedenklike stelsels van sosiale media plaas nie.

Om jou stelsels te beskerm, moet sterk saamgestelde “passwords” gebruik word, wat ’n kombinasie van alles op die sleutelbord verteenwoordig.

Maak baie seker dat jy wel op die regte webblad is, en nie op ’n nagemaakte een, wanneer aanlyn inkopies gedoen word by betroubare aanlyn ondernemings.

Indien jy enige ongerymdhede vermoed, kom onmiddellik in kontak met jou bankier