Kosovo vestig nasionale weermag

Parlementslede in Kosovo het oorweldigend gestem ten gunste van die daarstelling van ’n Nasionale Weermag, maar die Sewiese lede van die parlement het die stemming geboikot.

Die voormalige Serwiese provinsie, Kosovo, was afgesonder van Belgrade gedurende die 1998 Balkan Oorlog waarna in 2008 onafhanklikheid verklaar is.

Serwië is een van die lande wat weier om Kosovo se onafhanklikheid te erken en reken die volk nie as ’n nasie nie, net soos wat Rusland ook weier om hulle te erken.

Die Serwiese eerste Minister, Ana Brnabic, het in reaksie op die parlementêre besluit van Kosovo gesê haar land sal aan die kant van vrede bly en daarmee voorspoed verseker vir haar land.

Die nuwe wet wat dur Kosovo se parlement goedgekeur is, stel die land in staat om die Weermag aansienlik te verbeter deur opgraderings te don en ’n nuwe Ministerie van Verdediging te vestig..