Korrupsie: ANC hoofsweep in aanhouding

Obed Thulani Shabangu, die ANC se hoofsweep in Oos-Transvaal, is by sy huis in Amersfoort gevange geneem, en hy het te kenne gegee dat hy aansoek om borgtog wil doen.

Die polisie van Amersfoort  het die ANC se Shabangu glo gevange geneem op aanklag van korrupsie met die sogenaamde HOP behuisingskema.

Die polisie se woordvoerder het bevestig dat die 41-jarige ANC hoofsweep in aanhouding is en sal eersdaags weer in die hof verskyn.

Hy sal glo Donderdag weer in die hof verskyn, het die polisie brigadier Augustine Mngomezulu gesê.

Foto – Obed Thulani Shabangu