Kersfees 2018

Terwyl almal rond skarrel om nog die belangrikste inkopies te doen, is daar ook diegene wat reeds hul huishoudings tot rustigheid stem  en met vreugde, maar ook met biddende harte, die gebeure van Kersdag oordink.

Die Vryburger se redaksie en bestuur maak van die geleentheid gebruik om sy lesers en hulle geliefdes n aangename en vreugdevolle Kersfees toe te wens. Mag dit vir elkeen n hernude ervaring van ’n ware Christusfees wees, en dat die vreugde van blywende aard sal wees sodat ons Sy Naam sal loof en eer.