Kataloniërs weer in opstand

Die Spaanse regering in Madrid hou hul weeklikse ministersraad in Katalonië se hoofstad Barcelona, tot die ontevredenheid van die separatiste waarvan verskeie leiers in Spaanse tronke aangehou word.

Die ministerraad byeenkoms het die separatiste in bewing laat kom en weereens ’n reuse protes optog gehou in die strate van Barcelona, en geëis dat hulle volksleiers vrygelaat word.

Intussen het die voormalige Minister-president van die Kataloniërs, Carles Puigdumont, die stakende leiers in die gevangenis oortuig om hulle eetstaking te beëindig.

Die separatiste van die beweging “Verdediging van die Republiek” wat stry vir ’n onafhanklike volksrepubliek van Katalonië, beoog glo om die stad ekonomies lam te lê indien die Spaanse regering nie gehoor geêe aan hulle eis om hul leiers uit die tronk vry te laat nie.

Intussen is die regering genoodsaak om meer as 9,000 agente in Barcelona te ontplooi ten einde die protes optogte te probeer beheer.

Die vreedsame optog van die separatiste het ontaard toe polisie hardhandig teen hulle opgetree het en selfs traangas gebruik het.

 

Foto:

Spaanse Premier Pedro Sanchez (middel links) en Katalaanse Minister-president Quim Torra (middel regs).