Kanada ontdek groot diamant

Mynwerkers in Kanada het die grootste diamant gevind wat nog ooit in die land ontdek is, en sy 552 karaat spreek daarvan, terwyl dit as van besonder goeie gehalte bestempel is.

Die Diavik-myn in die noorde van Kanada het di knewel opgelewer waarvan die waarde nog nie bepaal is nie, maar wat op miljoene dollar gestel word vanweë due goeie gehalte daarvan.

Die steen met die afmetings van 33 by 54 millimeter is egter veel kleiner as die wêreld se grootste diamant wat by die Cullinan myn gevind is en 3,106 karaat is. Die reuse edelsteen is reeds in 1905 by Cullinan, oos van Pretoria gevind.