Jongste Mars ruimtetuig inligting

InSight, die tweede ruimtetuig wat deur Nasa op Mars laat land het, is tegnologies so gevorderd dat dit ondermeer di helderste foto’s na die aarde sein wat tot hede nog uit die ruimte ontvang is.

Nasa het ’n reeks duidelike foto’s vrygestel wat op die Rooi Planeet geneem is deur die tuig wat ongeveer 600 kilometer weg van sy maat, Curiosity is wat veronderstel is om nou sy funksies te staak weens tekort aan energie, maar selfs die vervaardiger verras deur steeds belangrike werk te verrig.

Die foto-reeks is so duidelik dat senior wetenskaplikes by Nasa sê hulle kan selfs die werkoppervlak duidelik sien en gevolglik sal hulle teen volgende week nog meer inligting bekom wat die sending soveel meer doeltreffend maak as enige vorige poging.

InSight is met meer as een kamera toegerus, wat teen $828 miljoen gekoop is en wat die waarnemings aansienlik verbeter.

Alhoewel die kamera se lens met stof bedek is, slaag dit steeds daarin om duidelike foto’s te neem wat aan Nasa gestuur word.

InSight beskik ook oor die vermoë om klanke op te vang en na die aarde te herlei, en twee verskillende klanke is reeds op die wyse by Nasa ontvang.