Jong SA studente deur Sjina vrygelaat

Tristan-Lee Niemand is die eerste van sewe studente wat in aanhouding was in Sjina weens beweerde oortreding van die visa wette van Sjina, het na ’n maand in aanhouding, teruggekeer na Suid-Afrika.

Die ander ses studente in aanhouding is Sondag vrygelaat om terug te keer na Suid-Afrika.

Die sewe studente is glo deel van meer as 100 studente wat die Sjinese wette oortree het en in aanhouding is.

’n Woordvoerder van die Sjinese owerheid het bevestig dat al ses die ander studente teen Sondag vrygelaat sal word uit die gevangenis.

Die studente sou glo almal in die onderwys departement van Sjina opgeneem word om hoofsaaklik Engels as vak aan te bied by skole.

Foto – Tristan-Lee Niemand