Jemen al weer ’n slagveld

Slegs ’n dag nadat ’n skietstilstand ooreenkoms bereik is tussen die twee vegtende partye in Jemen, het hernude gevegte losgebars wat die ooreenkoms nietig kan maak.

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad is gevra om baie vinnig toe te tree om te voorkom dat die ooreenkoms finaal vernietig is.

Die gevegte het losgebreek tussen pro-regeringsmagte en rebelle wat ontevrede is en beweer dat die teenparty die ooreenkoms verbreek het deur eerste geweervuur te gebruik.

Jemen word reeds vir etlike jare geteister deur rebellemagte en regeringsoldate wat ’n hewige stryd voer en miljoene inwoners onderwerp aan hongersnood, siekte toestande en totale armoede.