Japan wil onttrek uit Walvis akkoord

Japan oorweeg dit om uit die Internasionale Walvis Kommissie te bedank sodat hy meer vrylik walvisse kan jag terwyl daar binne die Walvis akkoord beperkinge bestaan.

Daar is ’n verbod op die jag van Walvisse, maar Japan is ’n oortreder van die verbod en vir jare is daar ’n beswaar teen sy grootskaalse vangs van walvisse.

Die Japanese regering wil teen die einde van vanjaar ’n finale beslissing neem oor voortgesette betrokkenheid by die Walvis Komitee.

Die Japanse Ministerie van Visserye sê geen beslissing is nog geneem nie en “alle opsies word oopgelaat en bestudeer”.

Japan het vroeër ook gedreig om uit die Komitee te bedank, en beweer dat hy slegs walvisse in sy eie seegebied jag, maar verskeie kere is walvis jagters van Japan betrap dat hulle ook jag in ander see gebiede.

Daar is sedert 1986 moratorium geplaas op kommersiële walvisvangs, maar dit blyk asof Japan nie hou by die ooreenkoms nie.