Iran toets nuwe missiele

Die Europese Unie kyk met bekommernis na die toetse wat Iran uitvoer met missiele wat die hele Europa kan bereik.

’n Duitse koerant meld dat hy sy inligting baseer op dokumentasie wat bekom is van “westerse inligtingsdienste” wat oor die vermoë beskik om sulke handelinge te moniteer.

Dit is nie seker watter instansies die inligting bekom het nie, en Die Vryburger kon nie vasstel hoe betroubaar die inligting is nie.

Indien dit wel waar is dat Iran sulke toets uitvoer, is dit ’n oortreding van die Internasionale Atoom Ooreenkoms.

Volgens onbevestigde berigte het Iran gedurende 2018 reeds sewe middel afstand missiele afgevuur in die beweerde toetsprogram.

In 2015 het die VB Veiligheidsraad ’n ooreenkoms aangegaan met Iran wat die ontwikkeling van sulke missiele verbied.