Iran erken hy toets ballistiese missiele

Dit wil voorkom asof President Donald Trump van Amerika die Obama ooreenkoms met Iran rg opgesom het toe hy gesê het die ooreenkoms is nutteloos want dit laat Iran steeds toe om kerntoetse uit voer.

In die afgelope 24 uur het Iran ruiterlik erken dat die berigte in die media die waarheid is en dat hy weer besig is om toets uit te voer met ballistiese missiele.

’n Woordvoerder van die Iranse regering het gesê Iran het geen nodigheid om toestemming te vra van ander buitelands regerings “om missiele te toets nie”.

Westerse moondhede soos die VSA, Frankryk en Brittanje meen die toetse vorm del van Iran se militêre program, en Iran het bevestig dat ’n missiel toets vroeër in Desember uitgevoer is.

“Ons bevestig dat ’n onlangse toets van ons eie ballistiese missiel gedoen is”, het ’n weermag bevelvoerder, Amir Ali Hajizadeh, van die Revolutionary Guard Corps gese.