Interpol waarsku teen 2019 terreur aanvalle

Jürgen Stock, die hoof van Interpol, het die afgelope naweek gewaarsku dat talle lande, veral in Europa, blootgestel is aan hernude terroriste aanvalle in 2019.

Hy sê ’n nuwe vlaag van terreur sal in volgende jaar deur Moslem terroriste uitgevoer word, waarteen die land se veiligheidsmagte bedag moet wees.

Hy het die waarskuwings gerig tydens ’n geleentheid waar besin is oor die slaankrag van die Islamitiese Staat se “tweede lewe”.

As rede vir die waarskuwing wys hy daarop dat baie van die terroriste wat in tronke aangehou word, gedurende 2019 vrygelaat gaan word en weerwraak aanvalle kan dus verwag word.