Indiese hof verwerp ondersoek na Dassault

Die hoogste hof in Indië het ’n saak van die hand gewys waarin gevra word dat ’n deeglike ondersoek ingestel word na ’n Franse firma se kontrak met die regering.

Die Franse vliegtuig vervaardiger, Dassault, wat vegvliegtuie ontwerp en bou, het ’n handelstransaksie aangegaan met die Indiese regering, wat vir opponente verdag gelyk het.

Die Eerste Minister, Narendra Modi, is daarvan beskuldig dat ht betrokke is in ’n korrupsie skandaal in die handels transaksie met die vervaardiger.

Die hof het die aansoek verwerp waarin ondersoek gevra word na die $8,7 miljard transaksie waarby beweerde onreëlmatighede betrokke is.