HOP huise terug geneem

Die Johannesburgse departement van Menslike Nedersettings het aangekondig dat hul HOP huise gaan terug neem wat deur uitlanders beset word in Alexandri.

Die buitelanders beweer dat hul die huise gekoop het maar die departement sê dat die huise nie geoormerk is vir uitlanders nie.

Wie die huise aan hul verkoop het is nie duidelik nie, maar ingevolge wetgewing is ‘n eiendom eers die koper se besitting wanneer dit op sy naam geregistreer is.

Verkope van vaste eiendom behoort ook nie toegelaat te word aan uitlanders wat nie burgerskap in Suid-Afrika het nie.