Honderde se geheime data van Koreane bekend

Die persoonlike inligting van honderde mense in Noord-Korea is glo bekend nadat kuberkrakers ingebreek het en die inligting gesteel het.

Die geklassifiseerde data wat uitgelek het, kan glo belangriker persone in die land  benadeel, en ook ’n verleentheid skep vir mense wat na Suid-Korea gevlug het.

Die moontlikheid bestaan glo dat die vlugtelinge na die suidelike buurstaat kan lei tot ernstige gevolge wat ook die moontlikheid het dat hulle teruggestuur kan word na die kommunistiese buurland, met die gevolglike optrede teen hulle.

Die date van 997 Noord-Koreaanse inwoners wat na die suide gevlug het, se besonderhede is bekendgemaak, sê ’n regeringswoordvoerder in Suid-Korea.

Sedert die skeiding plaasgevind het in 1948, het meer as 300,000 mense vanuit Noord-Korea ontsnap en hulle in Suid-Korea gevestig.