Hoëspoed trein botsing dood talle

’n Hoëspoed trein in Turkye wat teen ’n hoë snelheid gebots het met ’n ander trein in Ankara , het die lewens van minstens 24 mense geëis.

Die Turkse media berig dat die hoëspoed trein onderweg was vanaf Ankara na die suidelike provinsie, Konya, toe die ongeluk gebeur het.

’n Amptelike woordvoerder het later gesê sowat 46 passasiers in beseer en moes na die naaste hospitaal vervoer word.

Die trein se drywer is een van die wat nie die ongeluk oorleef het nie, en verskeie beseerdes is in ’n kritieke toestand.

Die sneltrein het teen ’n stilstaande lokomotief gebots wat glo verkeerdelik op dieselfde treinspoor gestaan het.

Reddingswerkers het ure lank gesukkel om mense uit die wrakstukke te bevry, en talle ambulanse moes lyke en beseerdes weg neem van die gru toneel.